SlideShare uma empresa Scribd logo
1 de 28
Die Tabernakel
Deel 8 – Die Allerheiligste
Die Allerheiligste bestaan uit die volgende komponente:
Die voorhangsel en vier pilare
Die verbondsark – Versoendeksel
Aaron se staf
Die 10 gebooie
Houer met manna
Inleiding:
Die Allerheiligste was ‘n perfekte kubis wat 10 el lank hoog en breed was. Dit is die
enigste plek in die hele Tabernakel wat gebalanseerd was wat ‘n tipe is van die
goddelike natuur.
Woord 10 - YOD in Hebreeus – God se Alomteenwoordigheid
Syfer 10 – Afhandeling en orde
10 Plae, 10 Gebooie, Skepping dag een – 10 dinge wat geskape is, dag ses 10
dinge wat geskape is
10 Geslagte van Adam tot Noag – Afhandeling van die goddelose geslag
10 Geslagte van Noag tot Abraham – Afhandeling van goddelike geslag
2Petrus 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en
godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en
deug,
1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle
daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die
verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
Dit is hier waar die verbondsark geplaas was waar die Heerlikheid van God
gemanifesteer het op die versoendeksel. Dit is hier waar die Hoë Priester een maal
‘n jaar op die Dag van Versoening die bloed van ‘n dier gesprinkel het om
versoening te bewerkstellig vir die volk vir die volgende jaar.
Jesus Christus het Homself die offer gemaak wat versoening tussen God en mens
bewerkstellig het. Christus moes na die Vader gaan om Sy bloed te offer voor God.
Ons lees die volgende daaroor:
Joh 20:11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy
ween, buk sy na die graf toe
Joh 20:12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een
by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
Joh 20:13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat
hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en
sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
Joh 20:15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat
dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my
waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
Joh 20:16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit
beteken Meester.
Joh 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na
my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en
julle Vader, en my God en julle God.
Joh 20:18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien
het en dat Hy dit vir haar gesê het.
Die Voorhangsel en 4 pilare
Ons het alreeds gesien dat alles in die Tabernakel ‘n simboliese waarde het so het
ons die 3 kleure alreeds behandel, maar ek sal dit weer noem hier net om die
geheue te verfris:
Pers: Blou en rooi saam vorm pers – Blou – heelende krag van God – Rooi – kleur
van die mens en verlossing van sonde – So pers simboliseer die helende krag van
God en die verlossing van sonde wat beskikbaar is vir die mens as ons in Sy
teenwoordigheid bly.
Purperrooi: Koningskap van Jesus Christus
Bloedrooi: Kleur van die mens – verlossing van sonde, versoeningswerk aan die
kruis van Golgota.
Gerubs as kunswerk: Gerubs word geassosieer met die heiligheid van die
Allerhoogste. Ons sien in Genesis toe Adam en Eva uit die tuin van Eden verban is
dat God twee gerubs by die tuin se ingang geplaas het om die weg na die Boom
van die Lewe te beskerm. Hulle verteenwoordig die geregtigheid van God en is ook
die uitvoerders van God se geregtige oordele.
Die vier pilare –
Syfer 4 – Die wêreld wat Christus nodig het as Verlosser.
Goud – God se Goddelikke Natuur
Akasia hout – Die akasiahout se betekenis is tweeledig van aard. Dit wys op die
mens se vergaanbare vleeslike natuur as ook na Jesus Christus se onverganklike
mens wording.
Silwer voetstukke - Verlossing deur Jesus Christus – Die aksie om verlos te word
van sonde en die dood
In geheel is die Voorhangsel en die 4 pilare ‘n tipe van Jesus Christus wat die weg
na die Vader is – Jesus het tog immers gesê Ek is die Weg, Die waarheid en die
Lewe. Toe die Romeinse soldaat Jesus se sy deurboor het met die spies en Jesus
sterf het die voorhangsel in twee geskeur van bo tot onder middel deur. Daardeur
het Jesus vir ons as Sy kinders die weg gebaan om enige tyd van die dag na die
Vader te gaan. Jesus se bloed offer het vir ons die pad na die Vader oopgemaak.
Die vier pilare –
• Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in
te gaan deur die bloed van Jesus
• Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die
voorhangsel heen, dit is sy vlees,
• Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,
• Heb 10:22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid,
die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas
met rein water.
Die vier pilare –
Die vier pilare verteenwoordig die vier Evangelies, die vier hoof profete in die Ou
Testament en die 4 gesigte van die gerubs wat Jesus as mens aan die wêreld
bekendgestel het.
Mattheus – Jesaja - Pers – Die Leeu - Jesus Christus as die Koning van die konings
Markus – Jeremia - Purperrooi – Die Kalf - Jesus Christus as die leidende Dienskneg
– ons plaasvervanger offer
Lukas – Daniël - Wit – Die man - Jesus Christus se vlekkelose mensheid
Johannes – Esegiel - Blou – Die arend - Jesus Christus die Seun van God wat aarde
toe gekom het om vir ons sondes te sterf.
Die verbondsark – Versoendeksel
Aaron se staf
Die 10 gebooie
Houer met manna
Skriflesing
Eksodus 25:10 Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. Twee en ‘n half el moet
sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.
25:11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit
oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans maak rondom.
25:12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee
ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.
25:13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
25:14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark
daarmee te dra.
25:15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit
weggeneem word nie.
25:16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
25:17 Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en
anderhalf el sy breedte wees.
25:18 Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee
ente van die versoendeksel.
25:19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk,
saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
25:20 En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke
die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van
die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
25:21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê
wat Ek aan jou sal gee.
25:22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee
gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die
kinders van Israel sal beveel.
Materiaal –
Goud en akasia hout
Afmetings – 2,5 el lank – 1.5 el hoog – 1.5 el breed
Die Versoendeksel
In die Nuwe testament word daar twee keer melding gemaak van die
versoendeksel:
Heb 9:1 So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook
sy aardse heiligdom gehad.
Heb 9:2 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en
die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;
Heb 9:3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die
Allerheiligste,
Heb 9:4 waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom
heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf
van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;
Heb 9:5 en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel
oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.
Heb 9:6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die
eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,
Heb 9:7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder
bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid
begaan—
Heb 9:8 waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom
nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.
Heb 9:9 Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes
en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome
kan maak nie,
Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en
vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.
Rom 3:21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet,
terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
Rom 3:22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir
almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van
God,
Rom 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die
verlossing wat in Christus Jesus is.
Rom 3:25 Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om
sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore
gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
Rom 3:26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self
regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
Die Griekse term vir Versoendeksel is – hilasterion – Romeine 3:25 beteken letterlik dat
God die Vader Jesus Christus voorgestel het as die plaasvervangende offer vir sonde.
Daarom is Jesus Christus die ‘Versoendeksel’.
Jesus Christus was nie net die Versoendeksel nie, Hy was ook die Bloed wat gesprinkel
was op die versoendeksel. Hy was ook nie net die Bloed nie Hy was ook die Hoë Priester
wat die offer bloed gebring het.
1Johannes 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie;
en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die
Regverdige.
:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van
die hele wêreld.
:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.
:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die
waarheid nie.
:5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak
geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
:6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
1Johannes 4:7 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en
elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
4:8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
4:9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in
die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons
liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.
4:11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
4:12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en
het sy liefde in ons volmaak geword.
Binne in die Verbondsark was daar die volgende items:
• Aaron se staf – God se regverdige regering
• Die 10 gebooie – God se Wet
• Houer met manna – God se voorsiening
Al drie hierdie items het ‘n gemene deler – die mens se opstandige gedrag teen ‘n
liefdevolle God.
Aaron se staf –
Die volk het in opstand gekom oor wie moet hulle regeer en Moses is aangesê om
12 stawe van die 12 hoofmanne van elke stam te bring en Moses moes dit in die
Allerheiligste voor die Verbondsark plaas. Die volgende more toe Moses die stawe
gaan haal toe is dit Aaron se staf wat oornag amandelbloeisels en vrugte gedra het.
Dit was ‘n teken van God dat Aaron gekies is om as Hoë Priester te dien.
Numerie 17
Die 10 Gebooie –
Ons herinner ons self aan die verhaal van die goue kalf, hoe die Israeliete by Aaron
gekla het dat Moses te lank al weg is en dat hulle nie sonder ‘n leier kan aangaan
nie. Hulle het Aaron toe gesmeek om ‘n goue kalf te maak en hulle het toe
offerandes vir die afgod gebring en gedans en baljaar voor die kalf. Dit is die toneel
wat Moses op afgekom het nadat God die Vader die 10 Gebooie vir hom gegee het.
Hy het so kwaad geword dat hy die 10 gebooie net daar stukkend gegooi het. God
het toe vir Moses toegelaat om weer die 10 Gebooie neer te skryf op nuwe
tablette. Dit is hierdie tablette wat in die verbondsark geplaas was.
Exo 25:16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
Die houer met manna - Die Israeliete het weer gekla omdat Moses hulle uit Egipte
geneem het en nou moet hulle in die woestyn kripeer van honger. Hulle klagtes het so
hewig geword dat God die Vader hulle wou uitwis. Wie kan heeldag en aldag na so ‘n
gekla luister. God het toe vir hulle manna uit die hemel voorsien en ‘n houer hiervan
moes in die Verbondsark geplaas word as bewys van God se wonderbaarlike voorsiening.
• Eksodus 16:32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: ‘n
Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien
wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
• :33 Moses sê toe vir Aäron: Neem ‘n kruik en gooi ‘n gomer vol manna daarin, en sit
dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
• :34 Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit
om bewaar te word.
• :35 En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ‘n
bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van
die land Kanaän gekom het.
• :36 En ‘n gomer is die tiende van ‘n efa.
Die manna is ook heenwysend na Jesus Christus die Brood van die Lewe –
Johannes 6:48-58 –
Joh 6:48 Ek is die brood van die lewe.
Joh 6:49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
Joh 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan
eet en nie sterwe nie.
Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand
van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is
my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
Joh 6:52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees
gee om te eet?
Joh 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die
vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in
julleself nie.
Joh 6:54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal
hom opwek in die laaste dag.
Joh 6:55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
Joh 6:57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so
sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
Joh 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders
die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid
lewe.
Die Shekinah Heerlikheid van die Here
Eksodus 40:34 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid
van die HERE het die tabernakel vervul,
:35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk
daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
:36 En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer
weggetrek op al hulle togte;
:37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer
optrek.
:38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags
daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.
Die kroon op die harde werk wat al die Israeliete verrig het om die Tabernakel
presies volgens God se voorskrif te maak was die Teenwoordigheid van God wat
sienbaar op die Tabernakel neergedaal het. Is dit nie ook ons werk vandag om ons
lewens so te leef dat ons Vader se heerlikheid ook ons kan sienbaar wees.
Kom ons kyk wat gebeur as die mens sy eie kop volg om God se heerlikheid te
soek:
Gen 11:1 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.
Gen 11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sínear;
en daar het hulle gaan woon.
Gen 11:3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand.
Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.
Gen 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die
spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor
die hele aarde verstrooid raak nie.
Gen 11:5 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die
mensekinders gebou het.
Gen 11:6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is
net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees
van wat hulle van plan is om te doen nie.
Gen 11:7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal
van die ander nie kan verstaan nie.
Gen 11:8 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en
hulle het opgehou om die stad te bou.
Gen 11:9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van
die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde
verstrooi.
Die mensdom het bymekaar gekom en onder mekaar besluit om iets te doen en
om materiaal te vervaardig om die toring te bou. Hulle was in eenheid bymekaar
en die Here het gesien wat hulle besig is om te doen en Hy het hulle kom besoek
en in plaas van om hul werk te seën het Hy hulle werk verwoes en hulle uit mekaar
gejaag.
Ons moet as kinders van God waak daarteen om ons eie kop te volg. Dit is so
belangrik om op die Here te wag vir leiding vir die pad waarheen ons gaan as Sy
kinders.

Mais conteúdo relacionado

Mais procurados

guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las naciones
guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las nacionesguerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las naciones
guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las nacionesBeit meshobeb TX
 
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13Horeb Israelita
 
Walking in maturity
Walking in maturityWalking in maturity
Walking in maturityEd Sullivan
 
Los dos primeros reyes de israel
Los dos primeros reyes de israelLos dos primeros reyes de israel
Los dos primeros reyes de israelCoke Neto
 
Parasha de la semana nº 26 shemini
Parasha de la semana nº 26 sheminiParasha de la semana nº 26 shemini
Parasha de la semana nº 26 sheminiHoreb Israelita
 
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del Valle
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del ValleRestauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del Valle
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del ValleValentin Moraleja
 
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8 11 verso 32
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8   11 verso 32Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8   11 verso 32
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8 11 verso 32Sdelangel Cruz
 
Romanos 11
Romanos 11Romanos 11
Romanos 11antso
 
Vayera parasha nº 4 2012 5773
Vayera parasha nº 4 2012 5773Vayera parasha nº 4 2012 5773
Vayera parasha nº 4 2012 5773Horeb Israelita
 
Yeshua el Mesías Judío
Yeshua el Mesías JudíoYeshua el Mesías Judío
Yeshua el Mesías Judíoisai_turok23
 
Evangelio san mateo 13, 24 43
Evangelio san mateo 13, 24 43Evangelio san mateo 13, 24 43
Evangelio san mateo 13, 24 43monica eljuri
 

Mais procurados (20)

guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las naciones
guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las nacionesguerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las naciones
guerra espiritual, oración, Yeshua 5773 luz a las naciones
 
Curso 8
Curso 8Curso 8
Curso 8
 
Transformados de Gloria en Gloria
Transformados de Gloria en GloriaTransformados de Gloria en Gloria
Transformados de Gloria en Gloria
 
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13
Parasha nº 30 kedoshim 20 abril 13
 
Walking in maturity
Walking in maturityWalking in maturity
Walking in maturity
 
Los dos primeros reyes de israel
Los dos primeros reyes de israelLos dos primeros reyes de israel
Los dos primeros reyes de israel
 
Parasha de la semana nº 26 shemini
Parasha de la semana nº 26 sheminiParasha de la semana nº 26 shemini
Parasha de la semana nº 26 shemini
 
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del Valle
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del ValleRestauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del Valle
Restauración de las 12 puertas - 4ª La Puerta del Valle
 
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8 11 verso 32
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8   11 verso 32Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8   11 verso 32
Parasha 2 noaj, bereshit 6 verso 8 11 verso 32
 
La esposa y los llamados de Apocalipsis 19
La esposa y los llamados de Apocalipsis 19La esposa y los llamados de Apocalipsis 19
La esposa y los llamados de Apocalipsis 19
 
Parasha 25 tzav
Parasha 25 tzavParasha 25 tzav
Parasha 25 tzav
 
El yugo de la torah
El yugo de la torahEl yugo de la torah
El yugo de la torah
 
El Espíritu de Dios respalda a los que llama
El Espíritu de Dios respalda a los que llamaEl Espíritu de Dios respalda a los que llama
El Espíritu de Dios respalda a los que llama
 
Parasha 10 miketz
Parasha 10 miketzParasha 10 miketz
Parasha 10 miketz
 
Parasha 01 bereshit
Parasha 01 bereshitParasha 01 bereshit
Parasha 01 bereshit
 
Parasha 24 vayikra
Parasha 24 vayikraParasha 24 vayikra
Parasha 24 vayikra
 
Romanos 11
Romanos 11Romanos 11
Romanos 11
 
Vayera parasha nº 4 2012 5773
Vayera parasha nº 4 2012 5773Vayera parasha nº 4 2012 5773
Vayera parasha nº 4 2012 5773
 
Yeshua el Mesías Judío
Yeshua el Mesías JudíoYeshua el Mesías Judío
Yeshua el Mesías Judío
 
Evangelio san mateo 13, 24 43
Evangelio san mateo 13, 24 43Evangelio san mateo 13, 24 43
Evangelio san mateo 13, 24 43
 

Semelhante a Die tabernakel deel 8 die allerheiligste

Die tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoeningDie tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoeningJossvanderLinde
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieLou-Maré Denton
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxAvril501490
 
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheid
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheidDie woord van god neem elke christen na volmaaktheid
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheidAGS Lofoord Upington
 
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuurDie tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuurJossvanderLinde
 
God in jou midde
God in jou middeGod in jou midde
God in jou middemeliscl
 
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...Filipino Tracts and Literature Society Inc.
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaansWorldBibles
 

Semelhante a Die tabernakel deel 8 die allerheiligste (20)

Die tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoeningDie tabernakel deel 9 die dag van versoening
Die tabernakel deel 9 die dag van versoening
 
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjieEfesiërs 2 Die lelike eendjie
Efesiërs 2 Die lelike eendjie
 
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptxDie Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
Die Tabernakel van Moses en wat dit vir ons wys..pptx
 
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheid
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheidDie woord van god neem elke christen na volmaaktheid
Die woord van god neem elke christen na volmaaktheid
 
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuurDie tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
Die tabernakel deel 6 die tabernakel struktuur
 
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdfAfrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
Afrikaans - The First Gospel of the Infancy of Jesus Christ.pdf
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdfAfrikaans - 2nd Maccabees.pdf
Afrikaans - 2nd Maccabees.pdf
 
Afrikaans - The Protevangelion.pdf
Afrikaans - The Protevangelion.pdfAfrikaans - The Protevangelion.pdf
Afrikaans - The Protevangelion.pdf
 
7 maal gestort vir ons kerk 2
7 maal gestort vir ons kerk 27 maal gestort vir ons kerk 2
7 maal gestort vir ons kerk 2
 
Afrikaans - Testament of Naphtali.pdf
Afrikaans - Testament of Naphtali.pdfAfrikaans - Testament of Naphtali.pdf
Afrikaans - Testament of Naphtali.pdf
 
God in jou midde
God in jou middeGod in jou midde
God in jou midde
 
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdfAfrikaans - Book of Baruch.pdf
Afrikaans - Book of Baruch.pdf
 
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...
Afrikaans - The Gospel of Nicodemus formerly called The Acts of Pontius Pilat...
 
Afrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdfAfrikaans - First Esdras.pdf
Afrikaans - First Esdras.pdf
 
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdfAfrikaans - The Apocrypha.pdf
Afrikaans - The Apocrypha.pdf
 
Jesaja 25.docx
Jesaja 25.docxJesaja 25.docx
Jesaja 25.docx
 
Help from above afrikaans
Help from above afrikaansHelp from above afrikaans
Help from above afrikaans
 
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdfAfrikaans - Prayer of Azariah.pdf
Afrikaans - Prayer of Azariah.pdf
 
Afrikaans - 2nd Esdras.pdf
Afrikaans - 2nd Esdras.pdfAfrikaans - 2nd Esdras.pdf
Afrikaans - 2nd Esdras.pdf
 

Die tabernakel deel 8 die allerheiligste

  • 1. Die Tabernakel Deel 8 – Die Allerheiligste
  • 2. Die Allerheiligste bestaan uit die volgende komponente: Die voorhangsel en vier pilare Die verbondsark – Versoendeksel Aaron se staf Die 10 gebooie Houer met manna
  • 3. Inleiding: Die Allerheiligste was ‘n perfekte kubis wat 10 el lank hoog en breed was. Dit is die enigste plek in die hele Tabernakel wat gebalanseerd was wat ‘n tipe is van die goddelike natuur. Woord 10 - YOD in Hebreeus – God se Alomteenwoordigheid Syfer 10 – Afhandeling en orde 10 Plae, 10 Gebooie, Skepping dag een – 10 dinge wat geskape is, dag ses 10 dinge wat geskape is 10 Geslagte van Adam tot Noag – Afhandeling van die goddelose geslag 10 Geslagte van Noag tot Abraham – Afhandeling van goddelike geslag 2Petrus 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, 1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
  • 4. Dit is hier waar die verbondsark geplaas was waar die Heerlikheid van God gemanifesteer het op die versoendeksel. Dit is hier waar die Hoë Priester een maal ‘n jaar op die Dag van Versoening die bloed van ‘n dier gesprinkel het om versoening te bewerkstellig vir die volk vir die volgende jaar. Jesus Christus het Homself die offer gemaak wat versoening tussen God en mens bewerkstellig het. Christus moes na die Vader gaan om Sy bloed te offer voor God. Ons lees die volgende daaroor: Joh 20:11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe Joh 20:12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. Joh 20:13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
  • 5. Joh 20:15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. Joh 20:16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. Joh 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. Joh 20:18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
  • 7. Ons het alreeds gesien dat alles in die Tabernakel ‘n simboliese waarde het so het ons die 3 kleure alreeds behandel, maar ek sal dit weer noem hier net om die geheue te verfris: Pers: Blou en rooi saam vorm pers – Blou – heelende krag van God – Rooi – kleur van die mens en verlossing van sonde – So pers simboliseer die helende krag van God en die verlossing van sonde wat beskikbaar is vir die mens as ons in Sy teenwoordigheid bly. Purperrooi: Koningskap van Jesus Christus Bloedrooi: Kleur van die mens – verlossing van sonde, versoeningswerk aan die kruis van Golgota. Gerubs as kunswerk: Gerubs word geassosieer met die heiligheid van die Allerhoogste. Ons sien in Genesis toe Adam en Eva uit die tuin van Eden verban is dat God twee gerubs by die tuin se ingang geplaas het om die weg na die Boom van die Lewe te beskerm. Hulle verteenwoordig die geregtigheid van God en is ook die uitvoerders van God se geregtige oordele.
  • 8. Die vier pilare – Syfer 4 – Die wêreld wat Christus nodig het as Verlosser. Goud – God se Goddelikke Natuur Akasia hout – Die akasiahout se betekenis is tweeledig van aard. Dit wys op die mens se vergaanbare vleeslike natuur as ook na Jesus Christus se onverganklike mens wording. Silwer voetstukke - Verlossing deur Jesus Christus – Die aksie om verlos te word van sonde en die dood In geheel is die Voorhangsel en die 4 pilare ‘n tipe van Jesus Christus wat die weg na die Vader is – Jesus het tog immers gesê Ek is die Weg, Die waarheid en die Lewe. Toe die Romeinse soldaat Jesus se sy deurboor het met die spies en Jesus sterf het die voorhangsel in twee geskeur van bo tot onder middel deur. Daardeur het Jesus vir ons as Sy kinders die weg gebaan om enige tyd van die dag na die Vader te gaan. Jesus se bloed offer het vir ons die pad na die Vader oopgemaak.
  • 9. Die vier pilare – • Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus • Heb 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, • Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, • Heb 10:22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
  • 10. Die vier pilare – Die vier pilare verteenwoordig die vier Evangelies, die vier hoof profete in die Ou Testament en die 4 gesigte van die gerubs wat Jesus as mens aan die wêreld bekendgestel het. Mattheus – Jesaja - Pers – Die Leeu - Jesus Christus as die Koning van die konings Markus – Jeremia - Purperrooi – Die Kalf - Jesus Christus as die leidende Dienskneg – ons plaasvervanger offer Lukas – Daniël - Wit – Die man - Jesus Christus se vlekkelose mensheid Johannes – Esegiel - Blou – Die arend - Jesus Christus die Seun van God wat aarde toe gekom het om vir ons sondes te sterf.
  • 11. Die verbondsark – Versoendeksel Aaron se staf Die 10 gebooie Houer met manna Skriflesing Eksodus 25:10 Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees. 25:11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ‘n goue krans maak rondom. 25:12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. 25:13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. 25:14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.
  • 12. 25:15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. 25:16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee. 25:17 Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. 25:18 Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. 25:19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente. 25:20 En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. 25:21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. 25:22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
  • 13. Materiaal – Goud en akasia hout Afmetings – 2,5 el lank – 1.5 el hoog – 1.5 el breed Die Versoendeksel
  • 14. In die Nuwe testament word daar twee keer melding gemaak van die versoendeksel: Heb 9:1 So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Heb 9:2 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; Heb 9:3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, Heb 9:4 waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;
  • 15. Heb 9:5 en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie. Heb 9:6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, Heb 9:7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan— Heb 9:8 waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie. Heb 9:9 Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, Heb 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.
  • 16. Rom 3:21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, Rom 3:22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, Rom 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Rom 3:25 Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God Rom 3:26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
  • 17. Die Griekse term vir Versoendeksel is – hilasterion – Romeine 3:25 beteken letterlik dat God die Vader Jesus Christus voorgestel het as die plaasvervangende offer vir sonde. Daarom is Jesus Christus die ‘Versoendeksel’. Jesus Christus was nie net die Versoendeksel nie, Hy was ook die Bloed wat gesprinkel was op die versoendeksel. Hy was ook nie net die Bloed nie Hy was ook die Hoë Priester wat die offer bloed gebring het. 1Johannes 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. :2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. :3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. :4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. :5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. :6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
  • 18. 1Johannes 4:7 Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 4:8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. 4:9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. 4:11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 4:12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
  • 19. Binne in die Verbondsark was daar die volgende items: • Aaron se staf – God se regverdige regering • Die 10 gebooie – God se Wet • Houer met manna – God se voorsiening Al drie hierdie items het ‘n gemene deler – die mens se opstandige gedrag teen ‘n liefdevolle God.
  • 20. Aaron se staf – Die volk het in opstand gekom oor wie moet hulle regeer en Moses is aangesê om 12 stawe van die 12 hoofmanne van elke stam te bring en Moses moes dit in die Allerheiligste voor die Verbondsark plaas. Die volgende more toe Moses die stawe gaan haal toe is dit Aaron se staf wat oornag amandelbloeisels en vrugte gedra het. Dit was ‘n teken van God dat Aaron gekies is om as Hoë Priester te dien. Numerie 17
  • 21. Die 10 Gebooie – Ons herinner ons self aan die verhaal van die goue kalf, hoe die Israeliete by Aaron gekla het dat Moses te lank al weg is en dat hulle nie sonder ‘n leier kan aangaan nie. Hulle het Aaron toe gesmeek om ‘n goue kalf te maak en hulle het toe offerandes vir die afgod gebring en gedans en baljaar voor die kalf. Dit is die toneel wat Moses op afgekom het nadat God die Vader die 10 Gebooie vir hom gegee het. Hy het so kwaad geword dat hy die 10 gebooie net daar stukkend gegooi het. God het toe vir Moses toegelaat om weer die 10 Gebooie neer te skryf op nuwe tablette. Dit is hierdie tablette wat in die verbondsark geplaas was. Exo 25:16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.
  • 22. Die houer met manna - Die Israeliete het weer gekla omdat Moses hulle uit Egipte geneem het en nou moet hulle in die woestyn kripeer van honger. Hulle klagtes het so hewig geword dat God die Vader hulle wou uitwis. Wie kan heeldag en aldag na so ‘n gekla luister. God het toe vir hulle manna uit die hemel voorsien en ‘n houer hiervan moes in die Verbondsark geplaas word as bewys van God se wonderbaarlike voorsiening. • Eksodus 16:32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: ‘n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het. • :33 Moses sê toe vir Aäron: Neem ‘n kruik en gooi ‘n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar. • :34 Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word. • :35 En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ‘n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het. • :36 En ‘n gomer is die tiende van ‘n efa.
  • 23. Die manna is ook heenwysend na Jesus Christus die Brood van die Lewe – Johannes 6:48-58 – Joh 6:48 Ek is die brood van die lewe. Joh 6:49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Joh 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Joh 6:52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet? Joh 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
  • 24. Joh 6:54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Joh 6:57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Joh 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
  • 25. Die Shekinah Heerlikheid van die Here Eksodus 40:34 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul, :35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het. :36 En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; :37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. :38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.
  • 26. Die kroon op die harde werk wat al die Israeliete verrig het om die Tabernakel presies volgens God se voorskrif te maak was die Teenwoordigheid van God wat sienbaar op die Tabernakel neergedaal het. Is dit nie ook ons werk vandag om ons lewens so te leef dat ons Vader se heerlikheid ook ons kan sienbaar wees. Kom ons kyk wat gebeur as die mens sy eie kop volg om God se heerlikheid te soek: Gen 11:1 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde. Gen 11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon. Gen 11:3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei. Gen 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
  • 27. Gen 11:5 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. Gen 11:6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Gen 11:7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. Gen 11:8 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. Gen 11:9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
  • 28. Die mensdom het bymekaar gekom en onder mekaar besluit om iets te doen en om materiaal te vervaardig om die toring te bou. Hulle was in eenheid bymekaar en die Here het gesien wat hulle besig is om te doen en Hy het hulle kom besoek en in plaas van om hul werk te seën het Hy hulle werk verwoes en hulle uit mekaar gejaag. Ons moet as kinders van God waak daarteen om ons eie kop te volg. Dit is so belangrik om op die Here te wag vir leiding vir die pad waarheen ons gaan as Sy kinders.