O slideshow foi denunciado.
Utilizamos seu perfil e dados de atividades no LinkedIn para personalizar e exibir anúncios mais relevantes. Altere suas preferências de anúncios quando desejar.

Concipio 276

365 visualizações

Publicada em

Bi-weekly newspaper of Paul Roos Gymnasium

Publicada em: Notícias e política
  • Seja o primeiro a comentar

Concipio 276

  1. 1. Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk) Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Thomas Butler Nuus: Neil Olivier, Alexander Klose, Jaco Marais, Charl Smit Stuurdingetjies: Luke White (Hoof), Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Semper_Concipio_PRG | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium Uitgawe/Issue 276 Jaargang XIII 19 February 2016 Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za. ConcipioConcipio270 Editions VASBYT Jaap Koekemoer Vanaf 1-18 Januarie vanjaar het 38 seuns (onder wie drie Paul Roosers is, naamlik Neil Olivier, Jan-Louis Lock en Cameron Dawson ) oor ’n tydperk van agtien dae in die hartjie van Botswana en op die Zimbabwiese grens klippe gekou tydens die 2016 Kalahari-Vasbytkursus . Ware leierskapvaardighede is tot op die verste punt moontlik getoets. Spoeg, sweet en bloed is nie iets waarvoor hierdie manne weghard- loop nie. Die groep seuns is elke dag in ’n an- der span ingedeel: tegnies, kosmaak of skoonmaak. Die toer is in hulle hande geplaas – as hulle nie kosmaak nie, is daar eenvoudig nie iets te ete nie. Spanwerk en vertroue is iets wat ’n groot rol gespeel het. Die groot kwessie rondom die Kalahari Vasbyt gaan oor die fisiese sy – die “PT”. Is dit moeilik? Ja, dit is verbý moeilik. Dit druk jou verby jou fisiese vermoë en werk op jou verstandelike en geestelike vaardighede. Dit is egter nie moontlik om dit in woorde dit aan iemand te beskryf nie. Verbeel jou dis sowat 45 grade Cel- sius en jy moet ’n PT-sessie voltooi wat jou letterlik gaan laat wil huil. Alhoewel dit volgens oom Andries – die bestuurder agter die Kalahari Vasbyt – die droogste seisoen in Botswana is vandat hy al die Vasbyt aanbied, het die manne vir seker almal ’n traantjie gepik toe hulle uiteindelik, ná die laaste PT-sessie in die middel van sentraal-Kalahari, die asemrowendste sonsondergang ooit kon aanskou. Hierdie kusrsus is gemik op na- tuurliefhebbers, sportmal fanatici, masochiste en die ontwikkeling van leierskapsvaardighede. Dit help jou om in jou lewe net daardie twee persent beter te wees. Die was ’n geval van “Mind over mat- ter – if you don’t mind, it doesn’t mat- ter”.Indien jy wil inskryf vir volgende jaar sal jy moet wikkel, omdat dit voor Junie volbespreek sal wees – kry ’n vorm by Neil Olivier in 11A1. p. 3 Foto’s:Verskaf
  2. 2. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 2 The past two weeks have been event- ful to say the least. We’ve been trying to keep our heads above water while juggling tests, sports and cultural ac- tivities. We have gained some things and we have lost others. Let’s take a moment to see what has happened during the past fortnight. Like Mr Trump, we seemed to have gained a few points from the Poles while hosting them in our beauti- ful country. We have also received a beautiful painting as commemoration of our relationship, a painting depic- ting friendship ties and family bonds. We even seem to have gained a Paul Rooser of the week from unexpected quarters. We lost the Driehoek, and we also lost many of our favourite songs to Boishaai. It seems not even our school song is safe any longer. No wonder they’re getting us to practice Heinz Winkler during assembly. We also started to lose our breaks because of the filthy school grounds. I couldn’t agree more with the new rule, even though it’s difficult to munch through a sandwich in a mere fifteen minutes. After all, it doesn’t help much to have a spotless river flowing past this esteemed institution, cleaned tirelessly every Wednesday by the river-cleaning team, while we drown in our own rubbish on the other side of Suidwal. I think it’s time we made a mind shift and started caring. Car- ing about our school grounds, about our appearance and about the way we treat our teachers. Most importantly, though, I think we should start caring about each other. Van Agter die Skoolbank Yours Truly Johan Schoeman Editor-in-Chief PRG DagboekPRG-Kultuurfeesnaweek (26-28 Februarie) PRG is Groot! Dit is die naweek waarvoor juffrou Fourie ontvoer is, so jý kan dit nie misloop nie. Ons koor tree op en daar is verskeie Old Boys wat optree, onder andere Heinz Winckler , Herman Kleynhans en Koos Kombuis. Die kaartjies kos R150 en dit is op 27 Februarie om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Kamer 14. Daar is ook ’n kerkdiens 16:00 die Sondag by die Moederkerk. Ons nooi ook ons ouers graag daarheen uit. Paul Roos Gimnasium word 150 jaar oud! (1 Maart) Na 150 jaar van uitnemendheid kry ons almal ’n dag af! Daar is ’n massabraai om 16:00 tot 20:00 op 1 Maart op die Oval. Geen akademiese program word daardie dag gevolg nie. Dit gebeur net een keer in 150 jaar. Ons sien uit na die saamkuier met al ons ouers by die laaste van die 150-funksies: die familie-braai ! Gr. 8 JAM-Kamp (4-6 Maart) Die Graad 8 JAM-kamp vind plaas van 4 tot 6 Maart. Daar is plek vir 50 graad 8’s en dit kos R430 per per- soon. Dit is ’n ongelooflike naweek waar Graad 8’s die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken – definitief die moeite werd! Foto:NeelsRossouw
  3. 3. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 3 Jaco Marais On 15 February, Breyton Poole (Grade 10) once again proved his ath- letic prowess with a record-breaking high jump of 2,10m at the Prestige Athletics (Driehoek). He also com- peted in the 800m run. At only 1,69m tall, he holds the U/15 ASA Athlet- ics Champs record with a height of 1,97m and equalled the SA Schools record of 2,00m. He can now officially jump over both Ben-Jason and Thomas Moss’s heads. Recently, at the Bloemfontein Top 10 Athletics Meeting a week ago, he once more crushed his opponents’ hopes by breaking the record with a height of 2,08m. Concipio asked Breyton a few ques- tions. Why do you enjoy participating in high jump? I love participating in high jump be- cause of the adrenaline rush I get every time I fly so high, and it’s always been one of my favourite hobbies to jump and reach tall objects. When and how did you discover your passion for high jump? I discovered my passion for high jump when I started it at Somerset Primary and discovered that I could jump over the bar with ease when others were struggling to clear it. Do you possess any special abilities or techniques that give you an advan- tage? As I am short and light-weight, only a short part of my body has to clear the bar, while taller people need to put their full height over. I also did gymnastics in primary school, making me flexible enough to bend to clear the bar. Because I am short I need to be a “speed jumper” so I do a lot of speed training and have acquired a special technique for this. What are three key characteristics a good sportsman should have? Key characteristics good sportsmen need include respect for your oppo- nents. You have to be a good team player and you must be humble and not have a big ego or be arrogant. What do you think about hard work, talent and luck, and which one of these do you have? I believe hard work certainly comes first, because jumping 2m high requires practising it over and over to get it right. I was born with this talent, but you definitely need a bit of luck as well. I definitely think you need a good combination of the three. Do you have any pre-race rituals? Hours before competition time I will put on my headphones with relax- ing music and before I jump I would say a little prayer. Before my run up I visualise the jump and clearing it in my mind. What are your plans for the future? I would like to qualify for the World Youth Championships in 2017 and one day I want to qualify for the Olympics to jump for South Africa. For the motivation to reach these new heights, Breyton uses Gary Player’s famous quote, “The more you practise, the luckier you get.” Keep practising, Breyton, while we wish you the best of luck! Breyton Poole setting the bar high once again Foto:GeorgeHuyshamer Foto:NeelsRossouw
  4. 4. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 4 Alexander Klose Eenkeer ’n Paul Rooser, altyd ’n Paul Rooser! Muller du Plessis, een van Paul Roos se bestes, is in die jaar 2013 in die Roos se tuin geplant, maar weer gepluk – deur Gim in 2015. Muller is tans ’n Graad 11-leerder by Paarl Gimnasium. Hy het sy eerste twee hoërskooljare hier by Paul Roos voltooi, maar het weens onbekende redes sy tassie vol talente gepak en na Paarl Gimnasium vertrek. Met die Driehoek-atletiekby- eenkoms op 5 Febuarie, spog Muller weer eens met sy uitstekende talente. Vir die tweede keer staan Paul Roos- ers met seer harte en kyk hoe ’n Paul Roos-Old Boy vir Gim ’n groot aantal punte opstapel. Muller spog nie nét met hierdie sak vol punte nie, maar ook met die verbetering van drie rekords. Die 100m-, 200m- en verspringrekords is tydens dié atletiekbyeenkoms deur Du Plessis verbeter. Tydens Muller se jare hier by Paul Roos is hy nie net gesien as ’n uitstekende atleet nie, maar ook as ’n briljante heelagter en buitesenter vir die O/14A- (2013) en O/15A- (2014) rugbyspanne. Tot vandag toe rou die Maroen Masjien oor die verlies van hierdie indrukwekkende sportman. Maar: “Let your stumbling blocks be your stepping stones” is die wyse woorde van die legende Paul Roos self. Dus sal Paul Roos Gimnasium van nou af nie meer treur oor die verlies van ’n broer nie, maar glimlag omrede daar aan nóg ’n jong man die geleentheid gegee is om na ’n skool soos dié te gaan en deel van hierdie unieke broederskap te kon wees. Paul Rooser van die week Charl Smit Paul Roos Gimnasium se sanggroep, wat uit ’n groep van 16 leerders bestaan, het die naweek van 5 Feb- ruarie op hulle jaarlikse oefenkamp vertrek. Dié jaar se kamp was geen uitsondering op die reël nie, en was van groot waarde. Die kamp is by die Hangklip Ho- tel, net buite Pringlebaai gehou. Die sanggroep, onder leiding van Mnr Stephan Bezuidenhout, het met hulle uitsonderlike stemme hard gewerk aan ’n stampvol jaar wat voorlê. Nodeloos om te sê is daar feitlik die hele naweek net gesing: treffers vanaf “Hey Jude” regdeur die bank tot “1001 Soene”. Die sanggroep het verlede jaar die sêr-kompetisie in die Wes-Kaap gewen, en wil nie vanjaar dié tradisie verbreek nie. Skole wat onder andere aan die kompetisie deelneem, sluit in La Rochelle, Paarl Gimnasium en Girl’s High. Die kompetisie vind in Mei plaas en is ’n geleentheid waar die top- Bolan- dse skole hulle sang talente kan ten toon stel. Nóg ’n belangrike geleentheid waar die sanggroep gaan optree, is by “PRG is Groot” (Paul Roos se 150- jaar Kultuurfees ) op 27 Februarie. Die sanggroep gaan dan saam met alombekende “Old Boys” optree, wat Heinz Winckler, Koos Kombuis en nog vele ander groot name insluit. Dit gaan ongetwyfeld ’n geleentheid wees wat niemand wil misloop nie. Paul Roos se skoolkoor, wat die beste seunskoor in die land is, sal óók by die geleentheid optree. Dié sanggroep se gees is aansteek- lik en die manne se talente ken geen perke nie. Hulle inspireer die gehoor om saam die lewe te vier. Hulle beoog om op die suksesse van 2015 voort te bou. Paul Roos se sanggroep is soos Coke op ’n snikhete somersdag in Stellen- bosch: vars en verfrissend. Sanggroep hang uit by Hangklip Foto:BrandinSutherland Foto:LukeWhite
  5. 5. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 5 Charl Smit 150 jaar van trots, respek, gentle- manship, nederigheid, uitnemend- heid, integriteit en verantwoordelik- heid. Op 1 Maart 2016 sluit Paul Roos Gimnasium sy verjaarsdagvieringe af. Op hierdie dag gaan Paul Roos se leerders en hul ouers, onderwysers, oudskoliere en die hele gemeenskap die skool se verjaarsdag vier. Die nuutste toevoeging tot dié spesiale dag is die muntlegging en bloedsken- kaktiwiteite. As dit nie vir die gemeenskap se ondersteuning en vertroue was nie, sou Paul Roos nooit eers oor 150 jaar kon droom nie. Al die geld wat met die muntleg- ging ingesamel gaan word, gaan aan Straatlig in Stellenbosch. Straatlig is ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op die versorging en bemagtig- ing van hawelose kinders. Straatlig se visie is om hoop aan hawelose kinders te gee, hulle gereed te maak vir die lewe daarbuite en hulle te help om ’n betekenisvolle lewe te lei. Bloedskenk mag dalk soos ’n cliché klink, maar elke druppel in die em- mer help. Societas beoog om op die skool se verjaarsdag minstens 150 eenhede bloed in te samel. Die bloed, soos wat almal alreeds weet, gaan dan na die Suid-Afrikaanse bloedbank. As daar enige vrae rondom bloed- skenk is, gaan na http://www.red- crossblood.org/donating-blood/why- donate-blood. Afgesien van die skool se opwin- dende verjaarsdag wat voorlê, gaan Societas se weeklikse aktiwiteite aan soos normaal: Huiswerkklub, Dinsdae, 14:30-15:30 Rivierskoonmaak, Woensdae,14:30-15:30 Groentetuin, Donderdae, 14:30-15:30 “Volunteers are not paid – not because they are worthless, but because they are priceless.” – dié aanhaling is deur Moeder Theresa, ’n alombekende figuur wat bekend was vir haar goedhartigheid, net voor haar dood gesê. Herbesin haar woorde en vind die kardinale belang in gemeenskapsdiens. Ons moedig almal in en rondom Paul Roos aan om hulle dankbaar- heid aan die gemeenskap te betoon en sodoende deel te neem aan elke aktiwiteit by Paul Roos Gimnasium op 1 Maart 2016! Paul Roos Gimnasium ploeg terug in die gemeenskap Foto’s:VerskafFoto’s:Verskaf
  6. 6. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 6 Wenke van hulle wat weet Renier Hattingh Hoe begin mens eintlik 'n band? Die beste is om by jou skoolpelle te begin. Jacobus sê dat die meeste bands tussen skoolvriende begin (aangesien al drie lede van Nagligte in bands gespeel het toe hulle nog in PRG was). Raak betrokke by die skool se musiekbewegings en bou só kontakte op. As jy professioneel wil word, is dit belangrik om jou te laat lei deur iemand wat by die industrie betrokke is. "Benader die band soos 'n besig- heid.” Die musiek moet natuurlik goed wees, maar jy moet aan die algehele konsep van die band ook dink. Dis ’n sakeonderneming. Faktore soos die bemarking en wat die band uniek maak is wat gaan maak dat jou band aandag trek. Jacobus sê dat hulle nie genoeg kan beklemtoon hoe belangrik 'n vervaar- diger is nie (producer, vir dié wie se Afrikaans ook onder die Engelse aanslag gebuk gaan). "Hulle is die ‘un- sung heroes’ van die industrie." Kry ook 'n publisiteitsbeampte (publicist) om jou produk uit te rol wanner dit gereed is, hulle is duur, maar elke sent werd werd! Jy moet egter sorg dat jy goeie ver- houdings behou tussen al die betrok- kenes. Jacobus sê dat almal ver- skillende persoonlikhede, belangstellings,'commitments' en verwagtinge het van die band. Jy moet bereid wees om oplossings te soek vir konflik wat gaan kom. "Die grootste wanpersepsie is dat die een groot ‘party’ is. Dit verg baie harde werk van almal, maar mens moet dit natuurlik ook in die proses geniet." Solank as wat kommunikasie en deursettingsvermoë deel is van die pakket, behoort jy die meeste slaggate te kan vermy. Jacobus gee ook 'n paar wenke met dit wat die skryf van treffers betref. Dis belangrik om die mees basiese komponente van die liedjie perfek te kry, 'n goeie melodie en lekker lirieke oor 'n eenvoudige koord- struktuur. Daarna is dit die be- langrikste om saam met die vervaar- diger 'n goeie 'klank' vir die melodie te kry. As dit goed klink op 'n akoes- tiese kitaar, sal dit loop met enige vorm van vervaardiging en in enige genre. In 'n onderhoud met Jacobus Brink van die musiekgroep 'Nagligte' verkry ons advies oor hoe om 'n band te stig en 'n musikale loopbaan te volg Foto:Verskaf
  7. 7. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 7 Farewell, LOTE-Gymnasium from poland! Foto’s:AletConradie Foto:JustynaSobataFoto:JustynaSobata
  8. 8. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 8 Foto:AletConradie

×