More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
Die Burger
1. Oudgevangenes
8||By||Saterdag 25.Mei.2013
M
et sy byderwetse pienk
hemp en netjiese bril lyk
Thandisizwe na ’n reklame-
bestuurder of ’n metroman.
Hy’s ’n welsprekende 31-ja-
rige met ’n diep, sonore basstem. Hy’s
ook ’n gepubliseerde skrywer wat die En-
gelse taal kan laat sing.
Thandisizwe en die ander mans wat in
die smorende laatherfshitte in die op-
slaangebou by die Men’s Wellness Centre
in Guguletu buite Kaapstad sit, is egter
allesbehalwe yuppies. Onder hul hemde
vertel die “tjappies” op hul lywe ’n ver-
haal van gewere, bloed en vrees.
Party, soos Thandisizwe, wil nie hul
vanne in die koerant hê nie, want selfs
buite die tronk is hulle bang vir die
wraak van die tronkbendes.
Elke tweede Donderdag kom dié groep
van tien wat op parool is bymekaar as
deel van die nie-regeringsnetwerk Sonke
Gender Justice se One Man Can Beyond
the Bars-program om te praat oor die
hoop én verskrikking van vryheid. Hul
oortredings het gewissel van gewapende
roof tot moord. Nou moet party leer om
vir die eerste keer ’n eie bankkaart te ge-
bruik, huur te betaal of te bestuur.
Ander leer nou eers die betekenis van
die woord “pa”. Thapelo Kolobi, wat 12
jaar lank agter tralies was weens gewa-
pende roof, hou sy vyf maande oue baba-
seuntjie, Tshepang, styf teen sy bors.
“Ek was hier vir hierdie baba sedert sy
geboorte,” sê hy. “Terwyl ek in die tronk
was, moes my drie ander kinders na
pleegouers gaan. Nou is ek honger en
dors om alles van ouerskap te leer.
“Tshepang se ma werk en sy wou hom
bedags in ’n crèche sit, maar ek het gesê
hoekom wil jy dit doen? Nou is ek sy ma
én sy pa.”
Thandisizwe knik. “Ek het altyd gedink
’n man is die hoof van die huis en hy hoef
nie sy hande vuil te maak met huiswerk
nie. Nou was ek die skottelgoed, ek kook,
ek maak die huis silwerskoon en ek pas
my broer se dogter op. Ek het nie werk
nie, so dis die minste wat ek kan doen.”
‘Manskappe van bloed’
Die voorspel tot Thandisizwe se “vorige”
lewe in die tronk het begin met ’n geweer-
loop teen sy kop. Dit het gereën buite en
hy was 15.
“Kom ons gaan kry vir ons geld,” het sy
vriend, wat die geweer met ’n vonkel in
die oog vasgehou het, gesê.
Al het hy in ’n “stabiele huishouding”
grootgeword, het hy tóé al skool gelos.
Hy het sy verslawing aan man-
drax en crack-kokaïen finan-
sier deur huisbrake, motor-
diefstal en kapings.
Dié keer het hy en sy
vriende hoog gemik: ’n
Superette in Landsdowne
waar hulle die elektrisi-
teitsgeld gebuit het. Hier-
na het hulle ’n aflewe-
ringswa gekaap wat 30 kis-
te brandewyn en whiskey
vervoer het.
Hulle is vasgetrek en hy is twee
jaar lank aangehou in Pollsmoor se af-
deling vir verhoorafwagtende jeugmisda-
digers totdat die aanklagte in 1998 terug-
getrek is. Hier het hy ’n geharde misdadi-
ger geword.
“Die pyn en die trauma begin reeds in
die polisieselle. Daar’s bendelede wat jou
terroriseer; wat jou skoene, selfs jou on-
derbroek vat.”
In die vangwa op pad na die hof het
bendelede dwelms aan sy liggaam probeer
versteek en in die tronk was gevegte en
verkragting aan die orde van die dag.
Die dag toe hy vrygelaat is, het hy weer
begin steel, ondanks sy ma se pleidooie.
“Die afdeling vir verhoorafwagtendes is
waar mense leer. Dis baie wreder as om
’n gevonniste misdadiger te wees.”
Kort hierna is hy weer gearresteer ná
’n gewapende rooftog by ’n BP-vulstasie.
Dit was sodat hy kon drink, sê hy, Glen-
fiddich, Chivas en Jack Daniel’s. En sodat
hy kon geld hê vir Uzzi-klere en Carvela-
skoene.
“Ons was aggressief dié dag, maar nie-
mand het erg seergekry nie. Die polisie
het op ons geskiet en ons het terugge-
skiet en met die geld wegge-
hardloop.”
Hulle is spoedig weer
vasgetrek en dié keer is
die saak nie uitgegooi
nie.
Hy en vier vriende
is in 2001 gevonnis tot
26 jaar gevangenisstraf
op drie verskillende
aanklagte – twee vir ge-
wapende roof en een vir
die besit van ’n ongelisen-
sieerde vuurwapen – wat hulle
gelyklopend kon uitdien oor ’n tyd-
perk van 18 jaar.
Om te “oorleef” het hy by die tronkben-
de die 27’s aangesluit, die “manskappe
van bloed” wat die “kodes en wette” van
die nommer monitor.
“Ek was ’n vreeslose man, en ek het ge-
hoor die 27’s is bakleiers. Ek het gedink
ja, ek is lief vir geld en ek is lief vir bak-
lei. Ek sê nie nee nie.”
Vir hom was dit nooit nodig om ’n be-
ampte te steek of verkrag te word om sy
rang in die bende te verseker nie.
“Elke keer as my ma (’n huishulp, nou
57) kom kuier het, het sy vir my geld ge-
gee en dan het ek die geld vir hulle gegee.
Jy móét vir haar vra, want dit was al ma-
nier om te oorleef.”
In dié tyd is verskeie korrektiewe
beamptes en gevangenes by Pollsmoor ge-
steek. Thandisizwe is in 2002 saam met
ander “probleemgevalle” na die maksi-
mumveiligheidstronk in Kokstad, Kwa-
Zulu-Natal, gestuur, waar die “ergste van
die ernstige misdadigers” aangehou
word.
“Ons was die eerste gevangenes daar.
Toe ons daar aankom, kon ons nie bel nie
en ons kon net een brief per maand skryf.
Geen radio, geen TV nie, niks. Jy het een
uur per dag gehad om te oefen – alleen –
en vir die ander 23 uur is jy in ’n enkelsel
opgesluit.
“Geen boeke nie en aanvanklik geen
toegang tot ’n biblioteek nie. Die bewaar-
ders het ons net toegelaat om Bybel te
lees, maar ek het nie eintlik omgegee oor
die Bybel nie. Vir 23 uur per dag het ek
die tandepastabuisie in my sel gelees.”
Ná ’n week het hy tog gevra vir ’n By-
bel en hy het dié boek van voor tot agter
gelees. “Ek het dit nie gelees omdat ek ’n
Christen was nie. Ek het dit soos ’n ro-
man gelees om die tyd om te kry. Maar
terwyl ek gelees het, het ek gedink aan al
die slegte dinge wat ek gedoen het.
“My groot vraag was: Waarvoor lewe
ek nou eintlik?”
Thandisizwe, wat nie sy van genoem wil hê nie omdat hy steeds bang is vir bendes, was vir 11 jaar agter tralies weens gewapende roof en die besit van ’n ongelisensieerde wapen. Foto’s: Michael Hammond
Die hoop en
verskrikking van
Die meeste oudgevangenes sukkel om werk te kry, maar
met die hulp van ’n unieke program leer hulle om tog ’n
verskil te maak. Willemien Brümmer vertel hoe ’n voor-
malige lid van die 27’s-tronkbende leer huil het.
vryheid
Ekisniespytdatek
indaaitronkwas
nie,alwasditbaie
pynlik,maardithet
mygehelpomdie
menstewordwatek
vandagis.
2. Oudgevangenes
Saterdag 25.Mei.2013||By||9
Thandisizwe praat stadig, soekend.
“Ek het ook besef ek wou gekén wees,
gerespekteer; dis hoekom ek al die dinge
gedoen het en hoekom ek aan ’n bende be-
hoort het. Ek wou net aandag hê en ek
moes daai honger binne my voed deur
aan te hou slegte dinge doen.”
Kort voor lank het die gevangenis sy
eie biblioteek gekry en hy het begin lees.
Thandisizwe het stelselmatig die geheime
bende-sleng uit sy woordeskat geban en
begin droom oor verder leer.
“Ek is nie spyt dat ek in daai tronk was
nie, al was dit baie pynlik, maar dit het
my gehelp om die mens te word wat ek
vandag is. Vier jaar en agt maande lank
was ek in ’n enkelsel en ek het geen be-
soeke gekry nie.”
‘Ons móét huil’
Toe Thandisizwe in 2007 na Pollsmoor
verplaas is, het weinig in dié gevangenis
intussen verander. Toe hy sê hy wil uit-
tree as lid van die 27’s, is hy ’n igwala
(lafaard) genoem. Kort hierna is hy na
Drakenstein tussen die Paarl en Fransch-
hoek, die tronk waaruit Nelson Mandela
op 11 Februarie 1990 vrygelaat is.
Hier het Thandisizwe matriek geskryf
terwyl hy saam met 30 ander in ’n sel ge-
woon het. Hy het ook saam met 14 ander
gevangenes ’n skryfkursus gedoen onder
leiding van die skrywer en joernalis Mar-
gie Orford. Die resultaat was ’n boek ge-
naamd Fifteen Men, saamgestel deur Or-
ford en gepubliseer deur Jonathan Ball.
In dié tyd het hy by Sonke Gender Jus-
tice se One Man Can-projek betrokke ge-
raak, waar hy medegevangenes opgelei
het oor onder meer MIV/vigs, tuberkulo-
se en geslagsgelykheid.
“Die program het my gehelp om te sien
wat ek gedink het is my sterk punte, is
eintlik my achilleshiel en my ‘swakste’ ei-
enskappe is eintlik my krag en sterkte.”
Op 22 Maart 2011 het hy sy eerste tree
na vryheid gegee toe hy na Pollsmoor
verplaas is en bedags op parool vrygelaat
is. Weekaande moes hy in die tronk slaap
en bedags het hy op ’n plaas gewerk.
Dit was nie maklik nie. “Jy voel asof jy
nie deur die samelewing aanvaar word
nie. Dis een van die grootste redes hoe-
kom mense weer teruggaan na ’n lewe
van misdaad. Die meeste gevangenes is
aandagsoekers. Miskien kry hulle nie
buite daardie aandag wat hulle nodig het
nie, dan doen hulle iets sodat hulle kan
teruggaan tronk toe, want daar kry hulle
wél aandag.”
Op 16 Julie verlede jaar is hy op volle
parool vrygelaat en het hy die reis begin
wat hy beskryf in sy gedig “A New
Vision”: “My soul awakens from its dark,
lonely slumber and begins to dance
again.”
Sy familie het hom ondersteun in dié
huiwerige dans na vryheid. “Toe ek ge-
vonnis is, was hulle daar en toe ek uit-
kom, was hulle daar. My ma het
nie die dinge wat ek gedoen het,
goedgekeur nie, maar omdat ek
haar seun is, wou sy net die beste
hê vir my, al het ek alles wat sy vir
my gedoen het, opgekou en in haar
gesig teruggespoeg.”
’n Stilte. “Ek kry nie werk nie en
my ma koop steeds vir my kos en
klere en ek woon in haar huis. Dis
frustrerend, want ander mans van my
Waar mans kan huil
Dis een van die samelewing se ongeskrewe
gebooie: As man moet jy voorsien.
Vir oudgevangenes beteken hierdie gebod
egter hulle word dikwels verdoem as hulle nié in
hul naastes se behoefte kan voorsien nie. Óf hulle
land weer agter die tralies.
Daarom leer Sonke Gender Justice deur hul
One Man Can Beyond the Barsprogram vir
oudgevangenes daar is ander maniere om vir jou
familie te sorg as deur geld. Soos om vir die eerste
keer in jou lewe ’n pa te wees. Of deur ’n pot
spaghetti te maak vir jou gesin.
Dié steungroep vir oudgevangenes het
ontstaan uit Sonke se One Man Canprogram wat
die kultuur agter tralies wil verander deur opvoe
ding en steun aan gevangenes én bewaarders.
Sowat 300 gevangenes in die WesKaap word
jaarliks in agt gevangenisse opgelei om hul
portuurgroep oor kwessies soos MIV, seksuele
geweld en geslagsgelykheid te skool.
In September verlede jaar het Sonke hierdie
program uitgebrei na oudgevangenes. Volgens
Emily Keehn, hoof van die groep, het dié
“gemeenskapsaksiespan” vir hulle ’n alternatief
geskep tot die bendelewe.
“Baie het ’n baie slegte selfbeeld. Hulle het nou
’n positiewe ruimte waarin hulle kan ontmoet en
hulle kan rolmodelle in hul gemeenskappe word.”
Dis egter nie ’n rehabilitasieprogram nie. Vir dié
doel het Sonke bande met ander organisasies.
“Dis eerder ’n ruimte waarin hulle mekaar kan
ondersteun en gewoond kan raak om weer in die
buitewêreld te leef.”
Sidelo Mzamo, groepsfasiliteerder, vertel nie
een van die mans het die afgelope ses maande
oor die tou getrap nie.
“Die sukses van die program is omdat hulle kan
praat oor die dinge wat hul weefsel raak. Meestal
praat mans nie oor hul gevoelens nie. Hulle kom
van die werk af en gaan na kroeë of sjebiens. Ons
wil hê die gesprekke moet buite die kroeë gebeur.
Die mans moet saam met mekaar kan huil.”’n Sessie van die One Man Can Beyond Barssteungroep in Gugulethu.
Thandisizwe se gedig “I Am a Writer”.
ouderdom het huise en karre.”
Hy kyk weg, deur die vensters van die
Wimpy na die trosse voetgangers in die
St. George-wandellaan in die Kaapse mid-
destad. “Ek wil nie vir jou jok nie... soms
dínk ek daaraan om vir my ’n geweer te
kry en net een keer weer te roof sodat ek
my eie besigheid kan begin. Party van my
ou vriende wág net dat ek vra.”
Maar hy bly by die huis, danksy die on-
dersteuning wat hy kry by die One Man
Can Beyond the Bars-program, sê hy.
Hier het hy geleer wat dit beteken om ’n
régte man te wees.
Hy kyk my in die oë. “Ek het altyd ge-
dink mans huil nie, maar dis ’n lieg. Ons
huil en ons móét huil. Ek het ook geleer
om my slagoffers se pyn te verstaan.”
Hul pyn het stadig tot hom deurgedring
nadat sy nuwe paar sokkies in die ge-
vangenis gesteel is. “Dit was ondraaglike
pyn, want my ma het die sokkies vir my
gekoop. Maar toe dink ek as ’n paar sok-
kies my so seermaak, hoe moet my
slagoffers voel wie se karre ek gesteel
het; mense met wie ek gepraat het
oor die loop van ’n geweer?”
Vandag tree hy as ’n rolmodel
op vir ’n groep jong mense in sy
buurt. “Hierdie jong mense het
altyd gedink die tronk is ’n
cool plek. Ek vertel hulle eg-
ter van die seksuele geweld,
van die dinge wat hulle sal
moet doen om te oorleef in
die gevangenis.”
Hy vertel ook vir die jong
mense wit en swart voel die-
selfde pyn. “Toe ons grootge-
word het, het die gemeenskap
ons laat verstaan wit mense
het ons voorvaders besteel van
hul koeie en hul grond. Dis
hoekom ons nou arm is. As
ons by wit mense steel, bring
ons net ons eiendom terug.
“Maar dis nie waar nie.
Dis nie ander mense wat
jou arm maak nie. Jy word
arm weens slegte keuses.
En om ryk te wees is nie
om geld te hê nie. Dis om
kennis te hê; om hier
met jou te kan gesels;
om te kan skryf.”
Dis ’n winderige dag
in Mei toe ek hom die
laaste keer by die Wim-
py ontmoet. Hy haal ’n
bondel handgeskrewe ge-
digte uit sy sak en sit dit
op die tafel neer langs sy
koffie.
Die boonste een is getiteld “I
Am a Writer”.
“I have an arm well-skilled/ A never
failing weapon – my treasured pen.
“I am a writer. That is all I am./ I want
to write and one day I will write.”
Thandisizwe speel skaak met die kinders in sy
buurt. Die ruimte was voorheen ’n sjebeen.
Thapelo Kolobi, wat 12 jaar lank agter tralies
was weens gewapende roof, en sy vyf maande
oue babaseuntjie, Tshepang. “Terwyl ek in die
tronk was, moes my drie ander kinders na
pleegouers gaan. Nou is ek honger en dors om
alles van ouerskap te leer.”