2. Hoekom juis die Leviete?
Exo 32:20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe
het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.
Eksodus 32:25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was—want Aäron het hulle bandeloos laat word tot
leedvermaak onder hulle teëstanders—
Exo 32:26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het
al die seuns van Levi by hom versamel.
Exo 32:27 En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan
sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en
elkeen sy naaste doodmaak.
Exo 32:28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié
dag omtrent drie duisend man geval.
Num 8:16 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die
moederskoot open—al die eersgeborenes uit die kinders van Israel—het Ek hulle vir My geneem.
Num 8:17 Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag
toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
Num 8:18 En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
Exo 13:1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Exo 13:2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van
mense en van diere, dit is myne.
3. Vereistes vir die Leviete om diens te verrig
1. Hulle moes gebore Leviete wees
2. Diensbaar
3. Rein
4. Regte klere dra
5. Toegewyd aan hul bediening
6. Gefokus
4. Die 3 verskillende werksaamhede in die Tabernakel
Versoening en fasilitering van God se Teenwoordigheid
1. Algemene werker – verantwoordelik vir die instandhouding,
opslaan, afslaan en vervoer van die Tabernakel
2. Priester – verantwoordelik vir die ontvang van die offers van die
Israeliete asook die instandhouding van die reukoffer altaar die
goue kandelaar en die toonbrode in die Heilige plek
3. Die Hoë Priester -
5.
6.
7. Die skouerkleed – Eksodus 28:4
Was gemaak deur diegene wat spesiaal vir die taak gesalf was en wat deur die Heilige
Gees toegerus was om die taak te voltooi.
Gemaak van goud, blou, pers, wit en purper weefstof
Verteenwoordig priesterlike guns: Die skouerkleed het die voorhangsel uitgebeeld van
die heiligdom maar sonder die gerubs.
Die blou onderkleed – Eksodus 28:31-35
Was sigbaar waar die skouerkleed opgehou het
Uit een stuk blou lap vervaardig
Soom met klokkies en granate op vasgewerk.
Die geborduurde rok – Eksodus 28:39
Fyn wit linne – sigbaar net onder die blou onderkleed
Die gordel – Eksodus 28:8
Dieselfde kleure as die skouerkleed
Die kopdoek – Eksodus 28:36-39
Bo-op die voorkant van die tulband is ‘n goue plaat met die volgende gegraveer: Heilig
is die Here
Die borsplaat van oordeel – Eksodus 28:15-30
Twaalf stene wat die twaalf stamme voorstel
Die Urim en Tummim wat teen Aaron se bors gedra was binne die borsplaat.
Die wit linne onderbroek – Eksodus 28:42-43
Moet deur die priesters en Hoe Priester gedra word om hulle naakteid te bedek.
8. Al die kledingstukke van die Hoe Priester dui op Jesus Christus ons verlosser.
Die skouerkleed wys op Jesus se menswording en wandel op aarde, nl.
Hemelsblou – Opstandingskrag – Markus
Pers – Koningskap van Jesus - Mattheus
Purper – menslike leiding - Lukas
Fyn geweefde linne – Goddelikke Oordeel - Johannes
Goud – Heilige Gees