Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Omsendbrief aan streke Desember 2018
1. Liewe Maats,
Net so ‘n laaste omsendbriefie wat u asseblief met die takke moet deel.
1. NUWE DIREKTEUR
Soos wat u alreeds weet is Ds. Claudette Williams amptelik as Direkteur aangestel. Die
kontakbesonderhede bly dieselfde nl. Telefoon 023-3486369
Sel. 082 558 9321 E-pos cab@toevlug.org en cwilliams@cabcdm.co.za Faks: 0865994307
web adres – www.cabcdm.co.za
2. ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Me. Winnie Dipper beman die kantoor soggens vanaf 8 – 12. Besprekings en bestellings
kan by haar gedoen word.
3. SKOONMAAK VAN KANTOOR
Kwotasies wat ons ingewin het beloop ongeveer R20 000.00 vir die arbeid verbonde aan
die skoonmaak. Ons oorweeg dit om van CAB se lede te vra om die arbeid self te doen.
Verf kos die volgende: 3 x 20 liter wit @ R755-00 per blik, 3 x 20 l pastel @ R1 200.00 per
blik, 2x 20 l pastel @R835.00 per blik, Thinners 10 l @ R282-00, Paintersmate 4 @ R32-00
elk, Raincote 5l @ R240-00 Durammesh membraan R130.00. Indien u enige van
bovermelde wil sponsor sal ons dit baie hoog op prys stel.
4. BEGROTING 2019/20
Volgens ons begroting stuur ons af op ‘n tekort van ongeveer R157 000.00. Hoofbestuur
het gevra of elke streek nie daaraan sal dink om hierdie jaar (2019) elk te probeer om
asseblief R10 000.00 in te samel nie. Van Hoofkantoor se kant word daar ook hard gewerk
om die tekort aan te spreek.
5. GESKENKE
Baie, baie dankie vir die geskenke wat ons voor en met ons aftrede ontvang het. Elke
geskenk het ‘n besondere plek in ons huis en in ons hart. Ons is die Here onuitspreeklik
dankbaar vir vriende en vriendinne soos u. Die grootste geskenk bly egter die liefde wat
u so mildelik aan ons uitgedeel het. ‘n Besondere dankie aan die Hooofbestuur wat my
uittrede onvergeetlik gemaak het.
Ten slotte ‘n uiters geseënde Kersfees word u almal toegewens. Mag die God van liefde u en
u gesinne gedurende die kersseisoen met die keur van sy seëninge u oorlaai.
Groete,
OOM JURIE