2. ‘n Verbond is volgens ‘n bepaalde verbondseremonie gesluit. . .
Hierdie verbondseremonie, en die betekenis daarvan, was vanaf die begin van die Skepping af
bekend, want dit was deur YHVH self ingestel en was dus deel van die leefwyse en kultuur . . .
3. Elke deel van die seremonie het ‘n
bepaalde betekenis wat die
verskillende aspekte van die
verbond uitbeeld . . .
Die verbondseremonie staan ook bekend as die sny van ‘n verbond . . .
Dit verwys na die dier, of diere, wat in
die verbondseremonie middeldeur
gesny word, asook na die bloed
waarmee die verbond beseël word. . .
Die volgende seremoniële handelinge was tipies van die sluit van `n tweesydige
bloedverbond soos wat in die dae van die Skrifte plaasgevind het,
maar het nie noodwendig volgens onderstaande volgorde plaasgevind nie. . .
4. Die ruil van mantels of bokleed . . .
• `n Mantel, of bokleed, was beskou
as die mees kosbare kledingstuk
van `n persoon. . .
• Dit was `n meerdoelige
kledingstuk en was dikwels `n
aanduiding van wie hierdie
persoon was, sy familie
verwantskap en van sy
status en aansien in die
samewlewing. . .
• Die mantel het die persoon
verteenwoordig en was eie
aan elke persoon. . .
Deur mantels te ruil word alles wat die persoon (groep, volk) is, en wat hulle verteenwoordig,
simbolies aan die ander oorhandig om dit deelagtig te word . . .
Dit was simbolies van die feit dat beide nou op gelyke voet is &
in die regte en vooregte van die ander deel. . .
5. Die afhaal en oorhandiging van gordels
`n Persoon se wapens
soos ‘n swaard, dolk en
pylkoker, was aan sy
gordel gedra . . .
Deur die oorhandiging van wapens word die onderneming gegee dat elk sy krag en vegsvermoë
sal gebruik om die ander te beskerm en te ondersteun tydens oorlog of vyandskap. . .
6. Die sny van die verbond. . .
`n Dier(e) wat as verbondsoffer gedien het, was geneem en oor die lengte middeldeur gesny en
die twee helftes teenoor mekaar geplaas. Die twee persone wat die verbond sluit, het dan rug-
teen-rug tussen die twee helftes en in die bloed van die dier gestaan.
Beide het dan in `n sirkel geloop
om aangesig-tot-aangesig te
eindig. Die syfer 8 is op die wyse
gevorm
Dit simboliseer die sterwe
aan die eie ek en die begin
van `n nuwe lewe saam as
verbondsvriende. . .
Dit simboliseer ook die feit dat sou een party die verbond verbreek, die ander die reg het om
dieselfde met hom te doen as met die verbondsoffer, naamlik om hom dood te maak.
7. Meng van bloed . . .
`n Sny is aan die handpalm of voorarm
van beide persone gemaak.
Die bloed van beide was dan in `n glas
wyn gedrup en gemeng.
Elkeen het van hierdie wyn-
bloedmengsel gedrink.
Die handpalms of voorarms, waar die
sny gemaak was, was teen mekaar
gedruk sodat die bloed vermeng.
8. Die Skrifte verklaar dat die lewe in die bloed is (Lev. 17:1). . .
Deur die wyn-bloedmengsel te
drink en die bloed te meng, word
die ontvangs van die lewe van
die ander simbolies uitgebeeld.
Beide ontvang die lewe van die
ander en begin saam `n nuwe
lewe. . .
Hierdie gedeelte van die seremonie simboliseer die aflegging van die ou mens en van sy aard
en die ontvangs, of aanneem, van die aard van die ander. Dit simboliseer eenwording.
Op die wyse is hul
verhouding as bloedbroers
begin. . .
9. Aangesien die lewe in die bloed is, het YHVH beveel dat geen mens
bloed mag drink nie (Lev. 17:10 tot 14).
Hierdie gedeelte van die seremonie is by Israel
vervang met die drink van wyn en die eet van
brood. . .
Dit vorm deel van die verbondsmaaltyd. . .
Die wyn verteenwoordig die bloed en die
brood die liggaam van beide partye. . .
Deur daarvan te eet en te drink word elk simbolies deel van die ander,
dit simboliseer dus eenwording, naamlik jy in my en ek in jou. . .
10. Maak van ‘n litteteken . . .
Die snit aan beide se handpalm of
voorarm was op so `n wyse
behandel dat dit `n litteteken moes
vorm . . .
Die litteken is dan die teken van die verbond, die bewys dat
`n verbond gesny en deur bloed beseël is . . .
11. Ruil van name. . .
Beide partye het die naam, of gedeelte van die naam, van die ander
aangeneem of ingevoeg in sy eie naam. . .
`n Voorbeeld hiervan lees ons in Genesis 17:5
waar YHVH Abram se naam na Abraham
verander het en Sarai se naam na Sarah. . .
‘n Gedeelte van YHVH se Naam is dus ingevoeg in
die naam van Abram en van Sarai. Na die
verbond het YHVH ook bekend gestaan as die
Elohiem van Abraham. . .
Dit dien as bewys van eenwording en verwantskap aan mekaar. . .
12. Beloftes en voorwaardes . . .
Die beloftes van die verbond, asook die voorwaardes is opgestel en voorgelees. . .
Beide partye het die
ondernemeing gegee om
daarby te hou en daarvolgens
te handel. . .
Die beloftes is al die regte en
voorregte wat beide partye in
deel kan hê indien die
voorwaardes nagekom word.
Indien die voorwaardes of
beloftes van die verbond
nie nagekom sou word
nie, dan sal die seëninge in
vloeke verander. . .
Deuteronomium 11, en veral in Deuteronomium 28, is `n goeie voorbeeld waar die
beloftes en voorwaardes van die ou verbond uiteengesit word. . .
13. Plant van ‘n gedenkboom . . .
`n Boom wat besprinkel was met die bloed van die dier wat middeldeur gesny is,
is geplant. Soms was `n stapel klippe gepak as gedenkmonument van
die verbond wat gesny is . . .
Dit het gedien as bewys en
herinnering aan die
verbond. . .
Hiermee saam was die littetekens
aan die liggame verdere bewys en herinnering van die verbond. . .
14. Volgens oorlewering was die woord vriend slegs gebruik tussen
mense wat `n verbond met mekaar gesluit het. . .
`n Vriend was dus jou verbondsvennoot: iemand wat jou nooit
in die steek sou laat of op enige wyse kwaad sou aandoen nie. . .
Jy kon altyd op jou bloedbroer se ondersteuning en beskerming staatmaak. . .
Bondvennote het alles met mekaar gedeel . . .
15. ‘n Verbond is ewigdurend en kan daarom nie ongeldig verklaar word nie. . .
Al die verbonde wat YHVH met die mens gesluit het is steeds geldig.
‘n Verbond kan wel bevestig of hernu word deur ‘n bestaande verbond uit te brei.
In die opsig kan dit dan wel as ‘n “nuwe” verbond beskou word, dit is meer
korrek om van ‘n hernieude verbond te praat . . .
16. As Verbondsgod wil YHVH ons die vesekering gee dat Hy in al ons behoeftes
sal voorsien volgens sy liefde, genade en ontferming komende uit Sy
onuitputlike bron van wysheid, rykdom en almag . . .
YHVH ons God en Vader het in Jahushua die Messias met ons ‘n ewige verbond gesluit – ‘n
verbond van genade. Jahushua die Messias is ons verbondsverteenwoordiger. . .
Met dit voor oë het YHVH met die mens verbonde gesluit.
Die Almagtige het Homself moreel en wetlik by wyse van verbonde verbind om in al die
behoeftes van die mens van gees, siel en liggaam te voorsien.
YHVH het dit vrywillig gedoen sodat die verhouding tussen Hom en die mens herstel kan
word, maar ook sodat die mens ‘n onwankelbare geloofsvertroue
in Hom kan hê as ‘n God van genade. . .
Die Almagtige het dit alles terwille van die mens gedoen . . .