SlideShare uma empresa Scribd logo
1 de 2
About Yvette and Imago -lfrom a client
“Life happens”, iets wat ek gedink het net gebeur voor jy besluit het waar en wat jy met
jou lewe wil maak. ‘n Paar dinge het in my lewe met my gebeur maar dit was vir my “
aanvaarbaar” want dit is hoe die lewe ons brei – of altans, so het ek gedink.
4 jaar terug, het die eintlike “life happens” met my en my seun gebeur. In die bestek van
7 dae uitmekaar, het my seun sy pappa verloor (hartaanval – hy was in graad 2) en presies
‘n week daarna voordat ek en my seun vertrek vir sy pappa se begrafnis, sterf my liewe
mammie aan longkanker. Daar was nie tyd om met my emosies te “deal” nie, ek moes
staande bly vir my seun wat flenters is, en ook so my pa en sussies. 12 maande na hierdie
skrikwekkende Februarie maand, beeindig ek ‘n jarelange verhouding en verlowing van 6
maande. Die gevoel van ‘n doodse verlies oorweldig my en vir maande stoei ek hiermee. 5
maande later in dieselfde jaar, verloor ek ‘n kosbare vriend ... en daarmee saam verloor ek
my menswees, my geloof, my vertroue, kom al die intense seer na die oppervlak … op die
oog af ‘n verskriklike gemors. Ek klou krampagtig aan die Here vas … maar ek voel hoe die
mat verder en verder gly … ‘n vriendin van Yvette sien my innerlike stryd en nood raak en
beleef hierdie tsunami van emosies waarin ek my bevind, saam met my.
Die eerste keer wat ek Imago gehoor het, het ek gedink, is daar nog iets om te vertel? Is
daar nog ‘n ander manier van terapie om my te wys wat, waar en hoe? Is daar iemand oor
wat vir my kan verseker dat alles weer “ok” sal wees? Ek was sinies. Het nie gedink iets
kan my weer rustig kry nie, nie gedink ek sal weer my ken kan lig nie … maar ek moes
aanhou probeer, my seun se groot bruin oë het my elke keer laat opstaan en besef … ek
mag nie, ek kan nie en ek wil nie, ek MOET. Partykeer wou ek terug baklei soos ‘n
leeuwyfie ander kere weer was ek net reg vir handdoek ingooi. Ek het gestroop gevoel van
my menswees, my selfrespek, my unieke identiteit … het gevoel of alles en almal alles van
my af weet, ek kon nie meer die emosies op my gesig wegsteek nie. Ek het nagte wakker
geskrik van slegte drome. Angsvlakke het verhoog en slaaploosheid was aan die orde van
die dag. ‘n Perfekte resep vir chaos.
En hier kruis my pad, met ‘n liewe fyn engeltjie wat baie baie laag vlieg tussen
ons. Iemand met soveel deernis, begrip en empatie … iemand by wie ek die “Here Leef”
kan ervaar. Iemand wat my emosionele, geestelike, liggaamlike en finansiele nood
raakgesien het … en my onvoorwaardelik met integriteit en opregtheid bedien het met haar
fyn aanvoeling vir menslike seer, my toegegooi het met die kombers van die Here se
Genade, my rigting gegee het met haar kennis en my omvou het met haar gebed en
omgee.
Yvette het vir my ‘n mentor geword. Sy was vir my die hawe wanneer ek my
donderstorms van emosies moes verwoord. Die eina’s wat ek baie diep gaan bêre het, het
sy mooi en saggies uitgehaal en geidentifiseer en met ‘n wye glimlag en oë vol liefde, voor
my neer kom le, met ‘n uitdagende liefde in haar oë, “en wat dink jy hiervan? Hoe laat dié
jou voel?”
Wanneer ek terugkyk op my lewenspad, weet ek dat ek en my seun net met die Genade
van Ons Hemelse Vader tot hier gekom het maar dat Hy weer eens vir ons voorsien het,
deur Yvette oor ons pad te stuur. Daar is tye in my lewe wat vir my “weg” is … maar dan
onthou ek die tye waar ek voor Yvette kon sit, my hart op die tafel kon neerlê en haar
daarmee kon vertrou. Sy het my geleer waar om die Imago terapie toe te pas te midde
van ‘n krisis en ook daar waar ek angstig voel dat ek besig is om te sink … sy het my geleer
om rustig te raak, bietjie terug te staan, te observeer en dan te besin.
Ek kan Imago Verhoudingsterapie beslis aanbeveel. Dit is nie ‘n “quick fix” nie, maar as jy
met opregtheid en “alles op die tafel neersit” hierdie terapie sessies bywoon, kan jy net
baatvind daarby. Ek weet ook, dat Imago Verhoudingsterapie deur net ‘n spesifieke tipe
mens suksesvol oorgedra kan word … in my geval was ek so bevoorreg om Yvette in
daardie rol te kon hê. Sy het soveel deernis en empatie maar sy is professioneel …
voorwaar ‘n engel wat baie baie laag vlieg hier tussen ons.
Wat ‘n reuse “blessing”. Oorweeg dit!

Mais conteúdo relacionado

Destaque (6)

Pdf piso 9
Pdf piso 9Pdf piso 9
Pdf piso 9
 
Archivo final planea const yna 07 03-17
Archivo final planea const yna 07 03-17Archivo final planea const yna 07 03-17
Archivo final planea const yna 07 03-17
 
Formato certificado y notas
Formato certificado y notasFormato certificado y notas
Formato certificado y notas
 
Pelatihan strategic planning for non profit 2
Pelatihan strategic planning for non profit 2Pelatihan strategic planning for non profit 2
Pelatihan strategic planning for non profit 2
 
El flamenco
El  flamencoEl  flamenco
El flamenco
 
636027923349462972
636027923349462972636027923349462972
636027923349462972
 

CARA VITAE Getuigskrif van Hesta Life happens

  • 1. About Yvette and Imago -lfrom a client “Life happens”, iets wat ek gedink het net gebeur voor jy besluit het waar en wat jy met jou lewe wil maak. ‘n Paar dinge het in my lewe met my gebeur maar dit was vir my “ aanvaarbaar” want dit is hoe die lewe ons brei – of altans, so het ek gedink. 4 jaar terug, het die eintlike “life happens” met my en my seun gebeur. In die bestek van 7 dae uitmekaar, het my seun sy pappa verloor (hartaanval – hy was in graad 2) en presies ‘n week daarna voordat ek en my seun vertrek vir sy pappa se begrafnis, sterf my liewe mammie aan longkanker. Daar was nie tyd om met my emosies te “deal” nie, ek moes staande bly vir my seun wat flenters is, en ook so my pa en sussies. 12 maande na hierdie skrikwekkende Februarie maand, beeindig ek ‘n jarelange verhouding en verlowing van 6 maande. Die gevoel van ‘n doodse verlies oorweldig my en vir maande stoei ek hiermee. 5 maande later in dieselfde jaar, verloor ek ‘n kosbare vriend ... en daarmee saam verloor ek my menswees, my geloof, my vertroue, kom al die intense seer na die oppervlak … op die oog af ‘n verskriklike gemors. Ek klou krampagtig aan die Here vas … maar ek voel hoe die mat verder en verder gly … ‘n vriendin van Yvette sien my innerlike stryd en nood raak en beleef hierdie tsunami van emosies waarin ek my bevind, saam met my. Die eerste keer wat ek Imago gehoor het, het ek gedink, is daar nog iets om te vertel? Is daar nog ‘n ander manier van terapie om my te wys wat, waar en hoe? Is daar iemand oor wat vir my kan verseker dat alles weer “ok” sal wees? Ek was sinies. Het nie gedink iets kan my weer rustig kry nie, nie gedink ek sal weer my ken kan lig nie … maar ek moes aanhou probeer, my seun se groot bruin oë het my elke keer laat opstaan en besef … ek mag nie, ek kan nie en ek wil nie, ek MOET. Partykeer wou ek terug baklei soos ‘n leeuwyfie ander kere weer was ek net reg vir handdoek ingooi. Ek het gestroop gevoel van my menswees, my selfrespek, my unieke identiteit … het gevoel of alles en almal alles van my af weet, ek kon nie meer die emosies op my gesig wegsteek nie. Ek het nagte wakker geskrik van slegte drome. Angsvlakke het verhoog en slaaploosheid was aan die orde van die dag. ‘n Perfekte resep vir chaos. En hier kruis my pad, met ‘n liewe fyn engeltjie wat baie baie laag vlieg tussen ons. Iemand met soveel deernis, begrip en empatie … iemand by wie ek die “Here Leef” kan ervaar. Iemand wat my emosionele, geestelike, liggaamlike en finansiele nood raakgesien het … en my onvoorwaardelik met integriteit en opregtheid bedien het met haar fyn aanvoeling vir menslike seer, my toegegooi het met die kombers van die Here se Genade, my rigting gegee het met haar kennis en my omvou het met haar gebed en omgee. Yvette het vir my ‘n mentor geword. Sy was vir my die hawe wanneer ek my donderstorms van emosies moes verwoord. Die eina’s wat ek baie diep gaan bêre het, het sy mooi en saggies uitgehaal en geidentifiseer en met ‘n wye glimlag en oë vol liefde, voor
  • 2. my neer kom le, met ‘n uitdagende liefde in haar oë, “en wat dink jy hiervan? Hoe laat dié jou voel?” Wanneer ek terugkyk op my lewenspad, weet ek dat ek en my seun net met die Genade van Ons Hemelse Vader tot hier gekom het maar dat Hy weer eens vir ons voorsien het, deur Yvette oor ons pad te stuur. Daar is tye in my lewe wat vir my “weg” is … maar dan onthou ek die tye waar ek voor Yvette kon sit, my hart op die tafel kon neerlê en haar daarmee kon vertrou. Sy het my geleer waar om die Imago terapie toe te pas te midde van ‘n krisis en ook daar waar ek angstig voel dat ek besig is om te sink … sy het my geleer om rustig te raak, bietjie terug te staan, te observeer en dan te besin. Ek kan Imago Verhoudingsterapie beslis aanbeveel. Dit is nie ‘n “quick fix” nie, maar as jy met opregtheid en “alles op die tafel neersit” hierdie terapie sessies bywoon, kan jy net baatvind daarby. Ek weet ook, dat Imago Verhoudingsterapie deur net ‘n spesifieke tipe mens suksesvol oorgedra kan word … in my geval was ek so bevoorreg om Yvette in daardie rol te kon hê. Sy het soveel deernis en empatie maar sy is professioneel … voorwaar ‘n engel wat baie baie laag vlieg hier tussen ons. Wat ‘n reuse “blessing”. Oorweeg dit!